Nico & Pieter | Mystical Woods

August 16, 2020 No Comments

Wanneer Nico en Pieter in `n vertrek instap, is dit dadelik vrolik en kan mens hul liefde vir mekaar sommer voel. As die een oor die ander een begin praat is dit asof hy begin straal.

Tog is als is nie altyd maanskyn en rose nie en hierdie twee sal boekdele kan skryf oor hoe hierdie Covid 19 pandemie hul drome beinvloed het. Hul troudatum moes al 2 keer verander en intussen is daar die onsekerheid oor die lekkerste eerste vakansie saam as getroudes, die heuningmaan.

Ek haal my hoed af vir hierdie twee wat tenspyte van als wat altyd hul kant toe gegooi word, steeds kan positief bly en weet dat niks anders saak maak soos hul liefde vir mekaar nie.

Hul verlowingsfotos by Mystical Woods was so besonders tussen die blommende aalwyne en kaktusse en ons kan nie wag vir hul troue wat ook hier gaan wees nie.

Sterkte aan al julle bruidspaartjies daar buite met julle reelings tydens hierdie tydperk. Hou moed, want soos hulle sê: “This too shall pass”..

Venue | Mystical Woods

Marinda May

All posts

No Comments

Leave a Reply

*

×