In Verwagting! {Gestileerde fotosessie}

Groenkloof Natuur Reservaat

“Liefde groei soos mos” was die inspirasie agter ons Verwagtende Paartjie gestileerde fotosessie. Met die woud agtergrond, mos, houtdiere, versierde tafel en opgewonder amper-ouers kon mens net nie anders om ook MOS opgewonde te wees nie!

Ons wys julle hoe julle `n gewone verwagtende paartjie fotosessie kan omskep in `n intressante wonderwoud! Houtdiere soos Donkie (geinspireer deur Shrek), `n bok en haas het verseker die woudtema mooi afgerond. Al die diere, tafel, houtsirkels, voetborspeld, swartbord vlaggies, krale, porseleinborde en -cupidpop is als te kry by Mill’k. Gaan loer gerus na `n onderhoud wat Liefste met Riesa van Mill’k gedoen het.

 

Die paartjie, Carl en Theresa het spesiaal hul wiegstoel saamgebring vir die fotosessie en Ingrid van The Cake Cartel het gesorg vir die 3 lae sampioen versierde koek, kolwyntjies en ander soetgoed.

Nadia van Creative Heroes het vir ons die skryfbehoeftes gemaak van bo-op die koek, wouddiere tot `n spesiale briefie wat die amper-ouers vir hul Eliana kon skryf. Hou Liefste dop om jul eie skryfbehoeftes van Creative Heroes te kan aflaai en gebruik.



 

 

Verskaffers agter die skerms:

Houtdiere en Dekor: Mill’k | Skryfbehoeftes: Creative Heroes | Koek en eetgoed: The Cake Cartel


Notice: Theme without comments.php is deprecated since version 3.0.0 with no alternative available. Please include a comments.php template in your theme. in /home/marinuco/public_html/wp-includes/functions.php on line 3878

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


*